Hoof Strooimeisie
My partner-in-crime, my liefste sussie! Nie net droom sy van klein-tyd af, voor die spieel, in my ma se trou rok, saam met my oor my troudag nie, sy hou die hele pad my hand vas tot my droom uiteindelik 'n realiteit word. Ek kan nie vir 'n beter beste vriendin vra nie, jou langs my op my groot dag is vir my die grootste voorreg.
Strooimeisie
My soon-to-be skoonsussie! Die persoon wat oor elke aspek in die oploop tot ons troudag ekstra nuuskierig en entoesiasties is. Haar opgewondenheid is elke keer so aansteeklik. Dankie dat jy my sonder huiwer in julle familie aanvaar het. Ek sien uit om jou as 'n strooimeisie langs my te hê.
Strooimeisie
My forever saam-droom maatjie. Ek is dankbaar vir hoe die lewe ons by mekaar uitgebring het, en steeds so naby hou. Dit is maklik om saam met jou te droom, te huil, te lag en te beplan - selfs soms so bietjie te stres. Ek sou hierdie spesiale tyd in my lewe saam met niemand anders wou aanpak nie.
Strooimeisie
Deur dik en dun, letterlik ook. 'n Vriendskap wat onveranderd bly oor al die jare. 'n Vriendin wat altyd verstaan, luister sonder om te oordeel, raad gee waar nodig en my altyd herinner dat lewe nie so ernstig is soos wat ek dit wil maak nie. Ons praat al vir jare oor hierdie dag, dit maak dit net soveel meer spesiaal om jou langs my te hê.
Strooimeisie
Die persoon met die mees opregte hart. Die manier waarop jy met jou hart op jou mou loop, is iets wat ek innig bewonder. Jy leer my elke dag wat ware vriendskap is deur jou goedhartigheid en onselfsugtige natuur. Jy wil altyd die beste vir ander hê, en dit inspireer my. Dankie dat jy altyd daar is vir my, deur dik en dun. Ek is so bevoorreg om jou langs my te hê as 'n strooimeisie.
Hoof Strooijonker
My “Groter” jonger broer, die man saam wie ek 'n brannewyn kan drink en boerdery kan praat. Van elke rugby wedstryd in die tuin tot waar jy langs my staan op die groot dag. Jy is 'n “gentle giant” maar steeds 'n regte “hard man” en ek is bly jy is in my corner, dis 'n voorreg om jou langs my te hê.
Strooijonker
My look-a-like en blykbaar die mees talentvolle broer, maar dit is virseker omdat ek jou alles geleer het. 'n Yster in murg en been en iemand wat altyd my back het. Nes Arno is ek so bly ek kon my beste vriende as my broers hê, en dat ons mekaar se passie en trots vir soveel dinge kan deel. Dit maak my trots om jou as my strooijonker te kan hê.
Strooijonker
Alhoewel jy jouself gedoop het as die vriendegroep se “vaderfiguur” was dit tog die waarheid. 'n Man van integriteit en 'n voorbeeld vir my deur my koshuis jare en vandag nog steeds. Altyd daar vir leiding en om saam te droom oor ons “farming” vennootskap en elke nuwe besigheids idee. Ek is dankbaar om jou as my strooijonker te hê.
Strooijonker
My Chambi en my ander “farming” vennooot! Jy is al amper deel van elke groot oomblik in my lewe. Ons was al saam deur die moeilike en lekker tye en ek verruil dit vir niks. Die movie master en een van die hardste rugbymanne, ek is bly jy was nog altyd in my span! Ons het al geleef! Ek sal my voortande gee vir ‘n vriendskap soos ons sin. Dit is waarlik vir my 'n voorreg om jou langs my as strooijonker op my groot dag te hê.
Strooijonker
Een van die mees toegewyde mense wat ek ken. Passie en trots soos min en iemand wat heel voor gestaan het met kattekwaad toe ons jonk was. Ek was bevoorreg om al baie die sportveld met jou te deel - beide as 'n spanmaat en opponent, en ek is trots om jou as my strooijonker te hê.