Alhoewel ons mekaar geken het in Potchefstroom, het ons lewenspaaie op daardie stadium nie regtig gekruis nie. 'n Paar maande later, toe Tiaan al klaar studeer het en op die idee van 'n trouvrou op die PUK ontmoet, opgegee het, was daar wel weer hoop! Een aand by 'n verjaarsdagpartytjie in Alberton … Ons weet nie presies hoeveel goeie stories so begin nie, maar ons is bly dat hierdie een het! Ons is vandag baie dankbaar vir daardie Covid-verjaardagpartytjie van 'n gemeenskaplike vriendin, want min het ons geweet dat dit die begin van ons storie sou wees. Daar was tacos, "konsekkie" en 'n onbeplande afterparty betrokke. En tot vandag toe is ons nog nie seker watter een van dié regtig vir Chané verlief gemaak het nie. Die partytjie het gelukkig gelei tot 'n paar suksesvolle opvolg koffie-uitnodigings, en voordat ons dit besef het, het die liefde begin blom. Dit het uiteindelik gelei tot 'n amptelike verhouding, wat ons gevier het tydens 'n spesiale langnaweek in Zastron. En soos hulle sê, die res is geskiedenis. Intussen was daar al terug Potchefstroom toe getrek en weer Gauteng toe, en tans skrop ons nessie in Johannesburg. Ons is baie dankbaar vir daardie aand in Alberton, selfs in die Covid-tye. Op 16 November 2024 gaan ons voor God en ons geliefdes ons liefde aan mekaar verklaar en in die huwelik tree. Ons is opgewonde om hierdie spesiale dag met julle te deel en julle deel van ons storie te maak.
"Two are better than one, because they have a good return for their labor: If either of them falls down, one can help the other up. But pity anyone who falls and has no one to help them up. Also, if two lie down together, they will keep warm. But how can one keep warm alone? Though one may be overpowered, two can defend themselves. A cord of three strands is not quickly broken."