Alle gaste moet asseblief op die laatste teen 16 September 2024 RSVP.
Die seremonie is geskeduleer vir 15:30 vir 16:00 om vir almal genoeg tyd te gee om hulle sitplekke in te neem voor die formaliteite begin.
Ons wil graag hê alle gaste moet ten volle die oomblik saam met ons beleef, sonder enige afleidings. Ons versoek vriendelik dat alle gaste se selfone, kameras en ander toestelle afgeskakel sal bly tot na die seremonie.
Vir die gemoedsrus van ons gaste het ons genoegsame parkering beskikbaar naby die kapel asook die ontvangsarea, met sekuriteit.
Ons uitnodigings is spesiaal so uitgestuur om aan te dui wanneer 'n ekstra gas na ons spesiale dag ingesluit is. Slegs gaste op die gastelys sal bedien word.
Ons het spesiale moeite gedoen om ons naaste mense uit te nooi, en ons wil graag hiermee voortgaan selfs as sommige gaste nie ons spesiale dag kan bywoon nie, daarom versoek ons dat slegs genooide gaste sal bywoon. Ons waardeer jou begrip en sien baie uit daarna om die dag saam met jou te vier.
Ons is lief vir kinders, en ons waardeer die ouers se teenwoordigheid. Om die aand vir almal spesiaal te maak, versoek ons dat slegs genooide kinders die troue bywoon.
'n Kontantkroeg is beskikbaar, maar maak slegs van kaartfasiliteite gebruik.